Redenaars

Hooforganiseerders

Afrikaans
Me. Carla Benadé

Engels
Me. Elbé Power

Afrigters
Taalonderwysers

Die Afrikaanse en Engelse redenaars vind jaarliks plaas. Die Afrikaanse redenaars vind in die eerste kwartaal plaas en die Public Speaking in die derde kwartaal.  Ons gebruik die ATKV se onderwerpe sodat die leerders wat wil inskryf vir die ATKV-Redenaars kompetisie, dieselfde toespraak kan gebruik.

Daar is twee redenaars-aande in die spesifieke kwartale, nl: Grondslagfase en Intersenfase.

Alhoewel die Engelse redenaars nie inskryf vir ATKV nie, geld dieselfde riglyne.  Hierdie aande sorg vir spog toesprake van ons toekomstige leiers, wat die gehoor aan hulle lippe laat hang.