Netbal

Hooforganiseerder
Me. Magda Ehlers

Die skool se netbal begin by O/6 dogters en het spanne tot by O/13. Elke span beskik oor 2 afrigters.

Afrigters
0/11  Me. Marthie Rabie en Me. Lanelle Wium
0/12  Me. Aneleen Grové en Me. Penny Strydom
0/13  Me. Christa Gladd en Me. Nadia Greyling

 Oefentye:
Maandag, Dinsdag en Donderdag – 14:15 – 15:15 of soos vooraf gereël deur die afrigters.

Afrigters woon gereeld kursusse by om hulself te bevorder bv. afrigtingskursusse, skeidsregterskursusse en graderingskursusse. Ons woon ook reëlbesprekings by vir beginner afrigters en gevorderde reëlbesprekings vir afrigters met hoër graderings.

Me. Christa Gladd is tans ons hoogsgegradeerde skeidsregter met ‘n NSA gradering. Mee. Marthie Rabie en Nadia Greyling beskik oor ‘n Gauteng gradering. Al die ander afrigters het Distriksgraderings en beoog elke jaar om hulle graderings te verbeter.

Vissies kan met trots sê dat die oop-A span die afgelope twee jaar ligawenners was asook derde in die Sedibeng-streek geëindig het. Hierdie is ‘n groot prestasie in ag genome die grootte van ons skool en getuig van die harde werk wat die afrigters in ons dogters inploeg.

Laerskool AG Visser is trots daarop dat daar gereeld spelers in streekspanne opgeneem word. Hierdie jaar is die volgende dogters in die D7-span opgeneem:

o/13 – Kate van Wyk, Mareleigh Mouton en Anke Schoonraad. Baie geluk!!

Mareleigh en Anke behaal ook die Sedibeng span na verdere uitspele en sal aan proewe deelneem om te bepaal of hulle in die Gauteng span opgeneem sal word. Ons is baie trots op hulle.