Rugby

Hooforganiseerder
Mnr. Louis Venables

Afrigters
0/9 Me. Elsabé Gryffenberg en Mnr. Willie de Klerk
0/11 en 2de span Mnr. Leo Ehlers en Mnr. Ivan Boy
1ste span Mnr. Hennie Moll en Mnr. Willie de Klerk

Oefentye
0/9 en 0/11 14:15 – 15:15
1ste en 2de spanne 15:15 – 16:15

Laerskool A.G. Visser se rugby het nog altyd ‘n baie ryk geskiedenis en trotse tradisie gehad. Vir die afgelope 2 jaar is A.G. Visser deel van die Valke-Noord se A2-liga.   Ons spelers word aan die beste teenstand blootgestel om hulle sodoende die beste moontlike geleenthede te gee vir ontwikkeling.

Jaarlikse toere word onderneem na onder andere Sportweni O/13 reeks. Daar word ook  jaarliks klinieke aangebied deur professionele afrigters wat vir ons junior spanne (o/9, o/10 en o/11 spanne) meer blootstelling gee.

Laerskool A.G. Visser spog gereeld met provinsiale spelers wat opgeneem word in verskeie Valke-spanne. Ons behaal jaarliks groot hoogtes met spanne wat deelneem aan Valke-uitspele, wat ‘n besonderse prestasie is!

Laerskool AG Visser se rugby is nog altyd ‘n groot krag en het al baie groot skole se spanne laat les opsê. Ons afrigters is gedetermineerd en passievol en bring die beste uit elke seun uit.