Grondslagfase (Gr. R)
Die kleuters by A.G. Visser word in Afrikaans onderrig en dus kry kleuters wat Afrikaans vaardig is, voorkeur by ons skool.
Die kleuters by A.G. Visser word in Afrikaans onderrig en dus kry kleuters wat Afrikaans vaardig is, voorkeur by ons skool.
Juffrou Natasha Boy
Juffrou Wendy-Leigh Atterbury
Ons begin saam met die skool om 07:25 in die oggend en verdaag om 12:45 in die middae.
Ons het ‘n wagklas tot 13:40 wanneer die laerskool verdaag.
Wanneer dit netbal- en rugbyseisoen is, is Juffrou Natasha aan diens by die wagklas, en wanneer dit hokkie- en krieketseisoen is, is Juffrou Wendy aan diens by die wagklas.
Skoolfonds beloop tans R1 100-00 per maand vir 11 maande.
Graad R-kleuters dra elke dag Vissiedrag. Dit is die groen vissiebroek met die wit, geel en groen kraaghemp.
In die winter dra hulle elke dag die groen Vissie sweetpak met tekkies.
Buitemuurse Aktiwiteite
Mini – Netbal
Mini – Hokkie
Mini – Rugby
Mini – Krieket
Afrigter
Juffrou Wendy
Juffrou Natasha
Meneer Willem
Juffrou Anita
Tye
12:45 – 13:45
12:45 – 13:45
13:45 – 14:30
13:15 – 14:00
Dae
Dinsdae en Donderdae
Dinsdae en Donderdae
Dinsdae en Donderdae
Dinsdae en Donderdae
Ons het dan ook buite-kurrikulêre aktiwiteite waaraan die kleuters mag deelneem. Aangesien dit buite-instansies is wat dit aanbied, is daar koste aan verbonde. Meer inligting is beskikbaar by die kantoor en op die Graad R’e se kennisgewingbord.
1 x A4 Plastiek Koevert
1 x Inkleurboek (304 bladsye)
1 x Inkleur potlode
1 x Uitdraai kryte
1 x Legkaart (36 stuk)
2 x gom (Amos)
1 x skêr
1 x A4 Typek papier
1 x Waterverf met kwassie
1 x boogknip leêr
1 x speelklei (verskillende kleure)
1 x gekleurde papier “pad”
1 x skerpmaker met houer
1 x tissues
1 x handewasseep
1 x wet wipes
Ons doen aan die begin van die jaar ‘n basislyntoets om te bepaal of die kleuter sekere basiese vaardighede onder die knie het. Hierdie toetsie help ook om leemtes en/of sterkpunte te identifiseer. Daar word op die volgende punte gefokus:
Aan die einde van die jaar doen ons ‘n skoolgereedheidstoets om te bepaal of die kleuter na wense gevorder het. Van ‘n bang of skaam maatjie in ‘n vreemde skool tot ‘n slim, vol selfvertroue maatjie, wat nie kan wag vir grootskool nie.
Die skoolgereedsheidstoets behels of die leerder genoegsame vaardighede in die volgende aspekte bereik het:
In Graad R maak ons as personeel dit baie lekker en opwindend vir ons maats. Ons kleuters is bang en vreemd aan die begin. Baie trane kom en gaan, maar op die ou end is dit vir hulle so lekker dat hulle elke dag wil skooltoe kom.
Ons werk in groepies van 5 of 6 wanneer ons ‘n hoofaktiwiteit doen van ‘n spesifieke vak. Terwyl die eerste groep hard werk is die ander groepies besig met ander aktiwiteite. Kleuters kry ook kans vir vryspel in die klas om sodoende hulle kreatiwiteit te ontwikkel.
Ons het elke jaar kleuter revue, waar ons kleuters leer om lekker te dans of om ‘n storie op te voer. Hierdie aktiwiteit bevorder hulle musikale vaardighede terwyl hulle genotvol deelneem.
Ons het ook aan die begin van elke jaar ‘n lekker kleuteratletiek. Die kleuters neem aan aktiwiteite deel, soos hardloop, spring, boontjiesak balanseer, fietsry en so meer.
Deur die loop van die jaar is daar klomp interessante aktiwiteite waaraan ons klein Vissies kan deelneem, soos bv. Ballonhop, Kaskardag, Waterkaskenade en nog vele meer.